‘n Warm winter na kombersdonasies
Die Honey Field gemeenskaps organisasie het onlangs komberse aan bejaardes en mamma's in die area gaan uitdeel voor die winter.
Die Honeyfield-gemeenskapsorganisasie het onlangs komberse aan inwoners uitgedeel.
‘n Paar weke gelede het die organisasie van die komberse aan bejaardes in Kagiso uitgedeel.

In Maart het hulle ook ‘n draai by Huis Jerusalem in Krugersdorp-Wes gaan maak.
Dié huis gee daagliks vir die kinders in die area na skool kos en help hulle ook met hul huiswerk.

Hulle het die res van die komberse aan die ma’s uitgedeel en die personeel van Huis Jersualem het ook elkeen ‘n kombers gekry.
Hulle het altesaam 128 warm komberse uitgedeel.
Maar die ma’s se bederf was nie verby nie en almal het sommer middagete ook gekry.
Ann bedank graag vir Aranda Textile Mills in Randfontein vir die geskenkte komberse.

