Local newsNews

Tieners staan saam om hul gemeenskap te help

Hierdie tieners wil mense in hul gemeenskap help, en groei met elke projek wat hulle aanpak.

Inwoners van dié dorp het sagte harte vir hul medemens.

Talle organisasies bied hulp aan elke tipe behoeftige denkbaar. Dit beteken egter nie dat al die moontlike maniere om die probleme aan te pak, al oorweeg is nie.

Die jong klomp by Freedom Fighters Youth Group glo dat hulle ‘n ander perspektief op sake het, danksy die generasie waarvan hulle deel is.

“Ons het eers begin as ‘n vriendegroep. Later het ons begin uitbrei en meer lede gekry. Van daar af het ons meer projekte begin doen. Ons hoofdoel is om stukkie vir stukkie van Suid-Afrika ‘n beter plek te maak, en om die jeug te bemagtig,” het die leier en die medestigter van die groep, Deacon Nortman gesê.

Al die lede is nog in die middel van hul hoërskoolloopbane, maar hulle word aangedryf deur ‘n behoefte om ander te help, so tussen die huiswerk deur. Een van die organisasies wat uit hul onlangse projekte voordeel getrek het, is die Heart and Soul House, waar hulle ‘n lekkergoedpakkie vir elke kind uitgedeel het. Alhoewel sommige mense dit as iets klein sou beskou, het hierdie enkele gebaar van vriendelikheid die kindertjies se dag opgekikker.

Al die kinders by Heart and Soul kom uit moeilike omstandighede, en waardeer elke lekker en geskenk wat hulle ontvang. Estelle Opperman, bestuurder van die huis, neem soveel kinders in as wat sy kan, leer hulle en doen haar bes om hulle so goed as moontlik gedurende die dag te versorg. Die huis sukkel egter om te funksioneer sonder hulp van buite, en ‘n pakkie lekkers van ‘n borg help om die kinders te laat glimlag op ‘n manier wat nie altyd vir die huis moontlik is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button