Local newsNews

Model wys mens is nooit te jonk vir liefdadigheid nie

Elenka Terblance, 10, bewys dat nie omstandighede of ouderdom 'n mens kan keer om liefdadigheid aan ander te bewys nie.

Elenka Terblance het as ‘n jong en skaam dogter by die Heart and Soul House for Children, wat destyds bekend was as Mug and Tree-voorskoolsentrum, ingestap met drome om die modelwêreld met haar jeugdige skoonheid en vriendelike persoonlikheid te beïndruk. Sy was net nie seker hoe sy dit sou regkry nie.

Elenka is tans deel van die Oxygen Models-groep.

“Sy is vandag ‘n meisie met ‘n goeie selfbeeld en doen baie uitreike saam met my in die gemeenskap,” het Estelle Opperman van Heart and Soul gesê.

Elmarie Nolte van Oxygen Models Wes-Rand het Elenka onder haar vlerk geneem en geleer hoe om soos ‘n dame op te tree en ‘n positiewe invloed op ander te hê. Dit het Elenka laat voel sy moet so veel moontlik doen om ander te help.

Elenka het onlangs ‘n projek geloods om gebreide truie vir pasgebore babas in te samel. Op Vrydag, 12 Julie het sy die truitjies aan ‘n klompie swanger vroue by die Heart and Soul-huis uitgedeel. Die toekomstige ma’s het met groot glimlagte op hul gesigte elk ‘n kleurvolle miniatuurtruijie by die kleine Elenka met haar blink oë gekry.

Madelaine van Wyk by Toekomsventer het gesê, “Frankie Prinsloo van Rant-en-Dal Prisma gemeente het my in 2018 geskakel met die wonderlike gedagte dat sy truitjies vir Appelpark se peuters en kleuters wil brei. Sy het vir Annetjie Gauche en Kotie Cresswell ingespan om te help brei. And vrywilligers het later aan ook begin help.” Dit was van hierdie 43 truie wat Elenka op die einde aan die ma’s oorhandig het.

In 2016 is Elenka gekroon as eerste prinses in Laerskool Ebenhaeser se Mej Ebies-kompetisie. In 2018 was sy die eerste prinses by die La’t Wiel Fees en sy is tans onder die top 10 Graad 4-leerders en die top 20-leerders vir akademie by haar skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button