Local newsNews

Gebreekte stukkies maak ‘n mooier prentjie

Nadat 'n inwoner van die Tower of Life-vrouehuis 'n terugslag vir hulle veroorsaak het, het die twee Kunsvlyt-deelnemers besluit om hulle te help om die stukkies op te tel en weer aan mekaar te sit.

Die Tower of Life se vrouehuis is bekend daarvoor om gebroke mense weer heel te maak.

Die vroue het onlangs weer stukke opgetel om iets nuut te maak na ‘n terugslag.

Melodie van Brakel het onlangs in ‘n Facebook-inskrywing vir donasies van kombuisbreekware gevra nadat een van hul inwoners al hul koppies, pierings, borde en dies meer stukkend gegooi het.

Die gemeenskap het nie net soos altyd gehelp nie, maar twee van die kykNET-program Kunsvlyt se deelnemers vir 2019 wat in die area bly, het besluit om ook te help.

Elanie Pelser en Heidi Coetzee het vir Melodie gebel en gevra dat hulle nie die gebreekte stukke weggooi nie want die twee het ‘n plan daarmee gehad.

Hulle het die vroue uitgenooi om ‘n mosaïekklas saam met hulle by te woon.

Elke vrou het ‘n fotoraam gekry wat hulle kon mosaïek en iets mooi maak, waarna hulle self kon besluit wat hulle met hul fotorame sou maak.

Die tema waarop die twee vroue besluit het, was kaktusse en die vroue het dit vreeslik geniet, het hulle vertel.

Elanie en Heidi het ook een van die tafels by die Tower-huis by die huis met mosaïek gaan versier sodat dit weer iets mooi vir die vroue kan word.

“Soos wat hulle die stukkies van hul lewens optel om iets mooi te maak, so het ons die gebreekte stukke gevat om weer vir hulle iets mooi daaruit te maak,” het Elanie verduidelik.

Die fotorame en mosaïekteëls is deur PNA en Creative Talents geborg en elke vrou het ook ‘n geskenksakkie van PNA ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button