Local newsNews

Kameraklub vier ‘n goeie jaar

Die kameraklub het onlangs hul jaar op 'n hoë noot afgesluit en sien uit na die jaar wat voorlê.

Dit was onlangs weer tyd vir die Krugersdorp Kameraklub se algemene jaarvergadering.

Elke lid kry maandeliks die geleentheid om vier digitale beelde en een afdruk in te skryf.

Die foto’s word dan beoordeel en die fotograaf word met van een tot vyf sterre beloon om te wys hoe ver dié fotograaf gevorder het.

Corine Ross het gewen met die foto getiteld Jozi Council Chamber Reflections.

Enige iemand met ‘n kamera is welkom om by hulle aan te sluit – amateurs ook.

By die algemene jaarvergadering wat aan die einde van Junie by die Golden Age Village gehou is, is trofeë vir verskillende fotografiekategorieë toegeken.

Cobus Eksteen se foto getiteld Wind Swept.

Hierdie jaar het Corine Ross die Senior Beeld van die Jaar-kategorie gewen. Willem Nel het die Junior Beeld van die Jaar-kategorie gewen.

Die Senior Kleurafdruk van die Jaar-kategoriewenner is ook Corine, en Pieter Fourie het die beste Junior Kleurafdruk van die Jaar ingeskryf.

Willem Nel se Going strong at nearly 100.

Cobus Eksteen, die klub se president, het beste die Senior Mono-afdruk van die Jaar-kategorie gewen en Elsabe Swartz het die beste Junior Mono-afdruk van die Jaar ingeskryf.

Die klub bied ook van tyd tot tyd opleidingsessies vir lede en nielede aan. Vir meer inligting hieroor, skakel gerus vir Cobus by 082 458 0858.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button