Local newsNews
‘n Spesiale dag vir haweloses
Die Honeyfield Charity deel gereeld kos aan haweloses uit, maar die afgelope Vrouedag het hulle dit ekstra spesiaal gemaak.
Die Honeyfield Charity Foundation het op Vrouedag (9 Augustus) iets spesiaal vir die haweloses aangebied.
Hulle het weer op die hoek van Kobie Krige- en Joubertstraat gestaan om kos uit te deel.

DiĆ© keer was daar egter ‘n ekstra bederf daarby omdat dit Vrouedag was.
Die organisasie het vir die mense kookvleis op rys, vetkoek, kolwyntjies, koeldrank en skyfies uitgedeel. Elke vrou het ook op die spesiale dag ‘n warm kombers gekry.

Die organisasie deel gereeld kos aan haweloses uit en het gevra dat enigiemand wat hulle wil bystaan, asseblief vir Anne Bezuidenhout by 082 378 1395 sal skakel.
Hulle benodig koekmeel, kookolie en groente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
