Local newsNews

Haar naaldwerkdroom nou ‘n realiteit

Hoe beplan sy om haar lewensplan deur te voer? Deur haar passie vir naaldwerk aangesien sy die ondervinding het om ander op te lei om self mode-fundi's te word.

Na jare se ondervinding in kledingbestuur en opleiding in die bedryf het Genevieve Scheepers besluit dat dit hoog tyd was om haar eie ding te doen en vir ander te leer wat sy oor die jare geleer het. Sy het die Lady Guinevere Sewing School gestig.

Haar skool is meer as net ‘n werk en ‘n inkomste vir haar. Genevieve wil terug gee aan die gemeenskap en ander help om hul eie besighede aan die gang te kry.

Hoe wil sy dit doen?

Nadat sy haar graad in kledingbestuur aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf het en ‘n paar jaar in die bedryf gewerk het, het sy begin onderrig gee by verskeie kolleges. Na sowat nege jaar het sy haar TEFL- (Teaching English in a Foreign Language-) diploma verwerf en Duitsland toe verhuis. Na ‘n ruk het sy teruggekeer Suid-Afrika toe en opleiding aan Absa- en Nedbank-personeel gegee.

“Na ‘n groot ongeluk en drie operasies moes ek ‘n jaar afneem,” het Genevieve verduidelik. Sy wou meer in haar lewe hê, en het besluit om haar eie naaldwerkskool in Krugersdorp te open.

“Ek het altyd ‘n belangstelling in die modebedryf gehad. ‘n Vriendin van my ma het vir my die nodige toerusting geskenk en ‘n ander vriendin het vir my ma laat weet dat dominee Marius Kramer van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Monument gesê het dat hulle ‘n plek oop het, en ek het aansoek gedoen.”

Vandag leef Genevieve haar droom uit. Na vier maande het sy talle studente by haar skool en dit blyk dat belangstelling in haar klasse elke dag groei.

“Ek het ‘n paar keer in die News, Roodepoort Record en Roodepoort Northsider geadverteer en so reaksie gekry. Nou vertel mense vir mekaar van my klas en ek kry gereeld iemand wat wil deel word,” het sy verduidelik.

Sy leer haar studente die basiese beginsels van naaldwerk, soos om reguit te stik, en rompies en toppies te maak. Sy leer hulle ook om aandrokke, begrafnisklere en tradisionele trouklere te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button