Local newsNews

RHR hou groot makietie vir hul verjaarsdag

Die Red Heart Riders-motorfietsklub het onlangs groot makietie vir hul 40ste bestaansjaar gehou.

Die Red Heart Riders (RHR) het onlangs die dak laat skud toe dié klub hul 40ste bestaansjaar gevier het.

Die klub is in 1979 deur Etienne Louw gestig en op 7 September het die klublede, lede van ander klubs en vriende almal saamgetrek om ‘n strandpartytjie in die stadsaal te hou.

Dominique van Wyk, die klub se huidige president, en Etienne Louw, die stigter van die klub.
Foto’s: Natasha Pretorius.

Daar was verwelkomdrankies, blomkranse om die partytjiegangers se nekke en selfs ‘n strandstoel en sand waar mens foto’s kon neem.

Behalwe vir die groot verjaarsdagmakietie het hulle ook ‘n voormalige klubpresident en ‘n goeie vriend, Ken Walker, vereer. Ken is in Februarie oorlede en die huidige president, Dominique van Wyk, het gesê hulle mis hom baie en dink nog gereeld aan hom.

Slinga Otto, Woody Jacobs en Leanne de Jager het lekker saam gekuier.

Die RHR het 40 jaar gelede ontstaan toe agt vriende saam motorfiets gery het. Etienne het vertel dat hy toe besluit het hulle moes ‘n klub vorm. Hul heel eerste wapen was in ‘n hartvorm. Die destydse president van die klub het egter vir hulle ‘n nuwe wapen geteken, en vandag erken almal die vrou op die motorfiets as die Red Heart Riders.

Die klub wat deesdae uit 19 lede bestaan, is die oudste klub in die groter Gauteng-streek en het ook ‘n tak aan die Oos-Rand.

Dominique het vertel dat hul klub baie lief is vir Krugersdorp en sy mense, en dat hulle gereeld gedurende die jaar met liefdadigheidsaksies probeer help. Hulle het reeds vanjaar R30 000 aan die Wes-Rand Bikers Church geskenk, asook R5 000 aan ‘n ander kerk wat weeskinders met vakansie see toe neem.

Die klub spog ook met hul oudste klublid, Bossie van Wyk, 72, wat steeds baie aktief in die klub is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button