MunicipalNews

Paul Kruger-monument is weer skoon

As deel van AfriForum se #ANKERDORPPADSKOU-inisiatief het vrywilligers die omgewing rondon die Paul Kruger-monument en die dam op te ruim.

As deel van AfriForum se omgewingsopruim- en verbeteringsprojek, #ANKERDORPPADSKOU, het ‘n klompie vrywilligers by die Paul Kruger-monument naby Monument Hoërskool bymekaar gekom. Daar het hulle ‘n paar uur spandeer om die oudpresident se beeld skoon te skrop en vullis in die area op te tel.

Later in die week is Eco-Tabs in die dam naby die monument geplaas om die water te help rehabiliteer en skoon te maak. Eco-Tabs plaas suurstof terug in die water, verwyder waterstofsulfiedreuke, voorkom korrosie en help om slyk af te breek.

“Ons beplan nog verskeie aksies vir die res van die maand. Ons fokus veral daarop on bome in die dorp te plant, aangesien September ook AfriForum se boomplantmaand is,” het Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir Gauteng-Suid genoem.

“AfriForum se #ANKERDORPPADSKOU is gebou op die feit (gestaaf deur Solidariteit se navorsing) dat Afrikaners hoofsaaklik na sowat 30 dorpe in Suid-Afrika migreer,” het Dewet verduidelik. Daar word beweer dat Krugersdorp een van hierdie dorpe is. AfriForum en Solidariteit glo dat basiese dienslewering en behoeftes soos gesondheidsdienste, veiligheid, versorging van bejaardes, skoon water en instandhouding van sanitasie wel binne bereik is in hierdie dorpe. “AfriForum het gevolglik besluit om dié gemeenskappe te wys hoe ons as burgerregtewaghond saam met die groter Solidariteit-beweging selfbeskikking aanmoedig en self moue oprol om ons dorpe te verbeter,” het Dewet laastens gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button