Local newsNews

NG Oos se gholfdag was geseënd

Die News, onder die Caxton Cares-vaandel, het ook die geleentheid gekry om te wys hulle gee om.

it was ‘n heerlike sonskyndag by die Krugersdorp Gholfklub waar gemeentelede, vriende en familie bymekaar gekom het vir die NG Krugersdorp-Oos gemeente se jaarlikse gholfdag. Die gholfdag wat vanjaar op 17 September gehou is, vorm deel van die kerk se fondsinsameling om die gemeenskap met verskillende projekte by te staan. Dit was ook die eerste keer dat die kerk ‘n vol bespreekte baan gehad het – iets waarvoor die leraars baie dankbaar was.

Teen 10vm het die son reeds baie warm gebak terwyl talle spelers by die oefenputjie hul sethoue geoefen het.

Die News, onder die Caxton Cares-vaandel, het ook die geleentheid gekry om te wys hulle gee om, en het vir die speler yskoue water, geborg deur Damian de Canha van Monument Liquor Warehouse, aangebied. Daar was ook ‘n lootjieprys van die News waarvoor die spelers kon inskryf. Die prys het bestaan uit ‘n draadlose Bluetooth-kopstuk en ‘n een teragreep-grootte eksterne hardeskyf ter waarde van R1 500.

Na ‘n lang dag op die baan het die spelers in die klubhuis bymekaar gekom vir die prysuitdeling.

Die kerk het hierdie jaar besluit om ‘n skoleuitdaging te loods en het verskeie skole in die gemeenskap genader om deel te neem. Skole soos Laerskool Roodekrans, Kenmare, Protearif, Millennium en Krugersdorp-Noord sowel as Hoërskool Monument het almal spanne ingeskryf.

Protearif se B-span het die derdeprys gewen, terwyl Roodekrans se A-span tweede plek behaal het, maar dit was Monnas se A-span wat weggestap het met die gemeente se Groot Uitdaagbeker.

Tussendeur was daar ook ‘n veiling van verskeie items sowel as ‘n lootjiekompetisie van die kerk. Een van die items, ‘n drievlak-wynrak met 36 bottels wyn, is deur Toby Wells gewen toe sy lootjie getrek is, maar Toby het besluit om die wynrak terug te skenk vir die veiling. Dit is toe vir R2 750 aan Jaco Bester verkoop. Kobie du Plessis was die wenner die News se lootjieprys.

Die dag is as ‘n groot sukses beskryf en het ook beslis op ‘n hoë noot afgesluit. Die reëlingskomitee is bedank vir hulle toewyding teenoor die fondsinsamling en hul beoog om volgende jaar nog groter en beter te maak.

Kliek hier vir meer foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button