Local newsNews

Dis heerlike lente in Appelpark

Daar was baie om te sien en te doen by die Lentefees vir die inwoners van Appelpark, waar alles gratis aangebied is.

Dit was ‘n fees om by die park in hierdie woonbuurt ‘n draai te maak.

Toekomsvenster, in samewerking met die Lede in Christus Kerk, het ‘n Lentefees dié dag vir die inwoners van Appelpark en omgewing in Krugersdorp-Wes aangebied. Die mense het in groot getalle by die speelpark opgedaag om die lekker kos en pret te geniet.

Mia Austin en Li-Anne van Niekerk voer die varke by die fees. Foto: Jaco Human.

‘n Poppekas, beman deur die bekende aktrise Antoinette Pienaar, het die jongklomp saam met ‘n stelteloper vermaak, terwyl ander hulself gate uit kon geniet met springkastele, trein- en ponieritte. Daar is ook ‘n Zumba-klas aangebied en ‘n balonkunsmeester het allerhande figure gevou en uitgedeel. ‘n Klompie plaasdiere kon ook reg deur die dag gevryf en gevoer geword.

Nicky Weyer, Damian du Randt en Donavan dur Randt smul aan die lekker kos wat deur die organiseerders voorsien is. Foto: Jaco Human.

“Een ding is seker, die kinders het hul gô uitgespeel en hope pret gehad,” het Madelaine van Wyk, bemarker van Toekomsvenster gesê. Dominee Jannie Pelser, wat die organisasie gestig het, het gesê, “Ek wil graag vir die kinders wys hoe God se liefde en hoop lyk. Ons kan ongelukig nie sonder donasies en borgskappe met ons projekte voortgaan nie, maar ek weet God maak drome waar.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button