Die kanse om een van ‘n tweeling te wees, is betreklik laag. Net nagenoeg drie persent van die wêreldbevolking bestaan uit tweelinge.
Dit is dus merkwaardig indien daar drie stelle tweelinge in dieselfde graad in dieselfde skool is.
In 2013 het Dahrné en Dihan Geldenhuys, en Jade en Connor Kruger as Graad 1’s by Laerskool Krugersdorp-Noord begin. In 2014, toe hulle in Graad 2 was, het Chedéne en Deoné Wehmeyer by hulle aangesluit.
Vanjaar maak al ses klaar met laerskool en maak gereed om hoërskool toe te gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
