NewsSchools

Nories sal Dok Jac vir altyd mis

Hierdie jaar, op 65, tree dr Jac Fourie finaal na 25 jaar as skoolhoof by Hoërskool Noordheuwel af. Hy het diep spore by die skool en in die gemeenskap getrap.

Vir 25 jaar was dr Jac Fourie die Nories se rots.

Hy was daar op elke belangrike oomblik, en by elke sportgeleentheid en funksie. Hy was daar om leiding in moeilike tye te gee en het saam met die skool al die goeie tye gevier. ‘n Kwarteeu lank het duisende leerders en talle personeellede na dié reus van ‘n skoolhoof opgekyk, maar vandag neem hulle afskeid omdat Dok Jac gereed maak om af te tree.

Hy het voorheen skoolgehou by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen, Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Birchleigh, voor sy pad dié van die skool gekruis het waar hy so ‘n groot deel van sy lewe sou deurbring.

“Ek sal gewis die dinamika van dié baie besige skool mis, en die spesiale band wat met die personeel gevorm is; uiteraard ook met die kinders!” het hy verduidelik.

“Iets wat vir my uitstaan is die positiewe samewerking oor die jare met verskillende Beheerliggame om uitnemende fasiliteite te skep, en die kwaliteitonderrig wat voortdurend gebied word deur ‘n toegewyde personeelkorps wat prestasies op alle terreine moontlik maak.”

Dok Jac het die volgende boodskap vir toekomstige leerders en personeel gegee: “Toewyding en harde werk sal sukses bly verseker. Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie.”

Nories oud en nuut, en die hele Krugersdorp, wens Dok Jac die beste toe vir die toekoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button