Local newsNews
Familie desperaat opsoek na Pluto, hul Doberman
Kosie Scheepers se swart Doberman het uit hul erf ontsnap en word nou gesoek.
Kosie Scheepers en haar man is siek van bekommernis oor hul hond wat onlangs weggeraak het.
Kosie vertel dat die tuindienste op Dinsdag, 19 November by hul huis was en dit is hoe hul drie-jarige Doberman-hond, Pluto, weggeraak het.
“Iemand het die hek oop vergeet en toe het hy uitgekom,” sê sy.
Pluto is ‘n groot swart Doberman en het in die Krugersdorp-Noord area weggeraak. Kosie vermoed dat hy oppad was na Monument se kant toe.
Sy en haar man het al orals vir hom gesoek. Ongelukkig het sy nie ‘n foto nie, want sy vertel, Pluto wou nooit stil sit nie.
Indien iemand hom gewaar het of dalk weet waar hy is skakel haar by 082 594 0330.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
