NewsSchools

Noordskool-familie groet na meer as 25 jaar

Christa Rossouw en Christien du Buisson het oor die jare die lewens van 'n ontelbare aantal kinders aangeraak, en sluit hierdie jaar af met 'n laaste totsiens.

Noordskool sê hierdie jaar totsiens vir twee onderwysers wat oor die jare deel van die fondasie van die skool help vorm het.

Die impak wat hulle gemaak het, kan nie in woorde beskryf word nie, en hulle laat groot skoene agter wat gevul moet word.

Christien du Buisson tree af na meer as twee dekades by Noordskool. Foto: Jaco Human.

Christa Rossouw, wat vir 25 jaar by Noordskool was, is reeds 42 jaar by die onderwys betrokke. Sy was al departementshoof, leiervoog, senior koorleier en hokkieafrigter, en was 21 jaar lank lid van die beheerliggaam. Christa was ook die skakel tussen die skool en die media. In laasgenoemde rol het sy verseker dat hul uitblinkerleerders se vele prestasies altyd aandag in die media geniet. Sy het Wiskunde vir Graad 7’s aangebied en vir honderde leerders die grondslag van die vak gelê. Christa en haar man, Kobie, wil voortaan soveel moontlik reis en tyd saam met hul kinders en kleinkinders geniet.

Christa Rossouw tree af na meer as twee dekades by Noordskool. Foto: Jaco Human.

Christien du Buisson was vir 27 jaar deel van die skool. Vir 23 daarvan was sy die Wes-Gautengse hokkiebestuurder en organiseerder, en het self verskeie hokkiespanne afgerig. As netbalafrigter het talle van haar spanne die Gauteng-finaal gehaal. Verder het sy ook atletiek afgerig en vir die Graad 6’e Afrikaans gegee.

Christa en Christien laat ‘n leemte by die skool wat baie moeilik gevul sal word. Noordskool se personeel, huidige en oudleerders, en die News wens hulle net die beste toe vir die toekoms. Julle sal gemis word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button