NewsSchools

Nuwe bome vir die nuwe Graad 8’s

Die nuwe Graad 8's van Hoërskool Monument het onlangs bome geplant as 'n simbool van hul hoërskoolloopbaan.

Die nuwe Graad 8’s van Hoërskool Monument het onlangs hul merk in die skool gemaak.

Op Dinsdag, 14 Januarie het die nuwelinge die skooltradisie voortgesit om bome te plant en dan in die volgende jaar te kyk hoe hulle groei.

Dit simboliseer nie net die nuwe leerders se hoërskoolloopbaan en hoe hulle self sal groei nie, maar dit het ook ten doel om die leerders bewus te maak van die rol wat bome speel.

“Bome het ‘n belangrike rol om kweekhuisgasse te verminder wat aardverwarming veroorsaak,” het Anita Malan van die skool gesê.

Daar is altesaam 12 bome, een vir elke Graad 8-klas, by die Cabora Bassa-klasse geplant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button