Nuutgestigte buurtwag help vermiste persoon opspoor
'n Nuwe buurtwag is gestig en het sommer dadelik werk gemaak om te help 'n vermiste meisie opspoor.
Die AfriForum-buurtwag in Krugersdorp het op 22 Januarie hul eerste sukses vir 2020 behaal.
Die buurtwag het met die polisie, TTR24 en die Valke se mensehandelafdeling kragte saamgesnoer om ’n vermiste meisie op te spoor.
“Dit is ’n reusesukses wat AfriForum in samewerking met ander rolspelers behaal het. Die Krugersdorp-buurtwag is op 21 Januarie gestig en ons is trots om te sien hoe ’n splinternuwe struktuur so gou reeds by die gemeenskap ingeskakel het,” het Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand gesê .
Die meisie is op 16 Januarie as vermis aangemeld. Die bogenoemde rolspelers het dag en nag al die hulpbronne tot hul beskikking gebruik om haar uiteindelik op 22 Januarie in Durban op te spoor. Die meisie is ongedeerd.
Sluit vandag nog by AfriForum se Krugersdorp-buurtwag aan: sms Krugersdorp na 45341 (sms kos R1).

