NewsSchools

Geen balkie of trofee vir hierdie 16-jarige nie – die blydskap van gee is vir haar genoeg

Dit het Zanelle net vier maande geneem om 1 033 pare bymekaar te maak.

Terwyl sommige 16-jariges kyk hoeveel Tik Tok-volgelinge hulle met hul nuutste video kan kry, is Zanelle McKittrick besig om ‘n groot verskil in haar gemeenskap te maak.

Dié Graad 11-leerder van Hoërskool Bastion het ‘n projek aangepak met die mikpunt om 1 000 paar skoene in te samel.

Riekie Trollip van die WAS Foundation saam met Zanelle McKittrick.

Dit het Zanelle net vier maande geneem om 1 033 pare by mekaar te maak en sy het dit op Woensdag, 19 Februarie vir die WAS Foundation in Krugersdorp gaan skenk.

“Die WAS Foundation doen wonderwerkies in Krugersdorp. Hulle was baie dankbaar oor die skenking,” het Zanelle gesê.

“Die mense was so bly om iets ekstra te kry vir hul voete … van hakkies, plakkies, tekkies tot pantoffels. Hulle het dit regtig waardeer.”

Zanelle het ‘n goeie hart en is baie bekommerd oor almal. Sy word beskryf as ‘n engelkind, sterk en seker van wat sy wil hê.

“‘n Doel is wat ‘n mens aan die gang hou,” het sy gesê.

Zanelle saam met een van die meisies wat ‘n paar skoene ontvang het. Foto’s: Ingestuur.

Zanelle het vir haar ma gesê dat geen balkie of trofee haar meer blydskap gee as die gevoel om die gemeenskap te help nie.

Sy sê ook dankie vir almal wat haar gehelp het om als bymekaar te maak.

“Sonder al die engele sou ek dit nie kon doen nie. God is goed vir ons,” het sy gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button