Kovid-19-taakspan en Cradle werk saam om kos te versprei
Die staat van inperking hou heelwat negatiewe gevolge vir verskeie mense in en dit is veral nou belangrik dat organisasies wat die vermoë het, sal saamwerk om kos aan mense in nood te voorsien
Die Kovid-19-taakspan het onlangs kragte met Cradle of Hope, ‘n liefdadigheidsorganisasie, saamgesnoer om kospakkies aan behoeftige inwoners uit te deel.
Die nood in dié gemeenskap is reusagtig en ongeveer 700 mense het opgedaag om ‘n kospakkie te ontvang.

Volgens die taakspan is dit belangrik om saam met ander organisasies te werk om die voedselnood te help verlig. Cradle of Hope is in Mei deur die regering verbied om daagliks toebroodjies en iets warm aan honderde hongeres uit te deel, iets wat hulle die afgelope drie jaar reeds elke dag doen.
“Instansies moet sonder staatsinmenging kan voortgaan om kos aan honger gemeenskappe te voorsien. Dit is belangrik om die sentralisering van kos te beveg, en ons verwelkom die Menseregtekommissie (MRK) se beslissing dat dit ongrondwetlik is om organisasies soos Cradle of Hope te verbied om voorbereide maaltye aan mense in nood te voorsien.”

Die staat van inperking hou heelwat negatiewe gevolge vir verskeie mense in en dit is veral nou belangrik dat organisasies wat die vermoë het, sal saamwerk om kos aan mense in nood te voorsien. Ons is bekommerd dat mense van armoede en hongersnood gaan sterf,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid gesê.

Volgens Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sal hulle voortgaan om die taakspan te ondersteun om kos aan behoeftige mense te voorsien.Versterk die taakspan se hand deur ‘n skenking aan die Solidariteit Beweging se noodfonds te maak:
Rekeninghouer: Solidariteit Helpende Hand
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62 331 445 503
Tak: Centurion (takkode: 250 655)
Verwysing: KoronaSwift-kode: FIRN ZA JJ

