Local newsNews

Meer as 2,5 ton voedsel al versprei

Mense wat skenkings wil doen, kan hul naaste tak vir meer inligting kontak of die taknoodfonds-blad op AfriForum se webtuiste besoek.

AfriForum se takke aan die Wes-Rand het die afgelope maand meer as 2,5 ton voedsel aan 1 806 behoeftige gesinne uitgedeel.

Dié aksies is aangepak in samewerking met die Covid-19-taakspan, wat gestig is deur die burgerregteorganisasie AfriForum, die familieboerderynetwerk Saai en Solidariteit Helpende Hand, om gemeenskappe tydens die landwye inperking te ondersteun.

Dit volg nadat ‘n groot nood in gemeenskappe ontstaan het ná sommige mense nie tydens die inperkingstydperk hul salaris ontvang het nie of selfs hul werk verloor het omdat ondernemings hul deure moes sluit.

Die takke in die distrik, Randfontein, Roodepoort en Krugersdorp, het saam voedsel, handreiniger en maskers ter waarde van meer as R300 000 versprei.

Hierdie projekte is gefinansier vanuit skenkings, takfondse en die taknoodhulpfonds wat op die been gebring is gedurende hierdie tyd

“Dit is wonderlik om te sien dat gemeenskappe saamstaan en mekaar in dié moeilike tyd ondersteun. Baie van die kospakkies wat versprei word, is moontlik gemaak danksy skenkings wat ons by mense in die gemeenskap ontvang het. Dit sou nie moontlik gewees het om dié projek te dryf sonder die hulp van die gemeenskap nie,” het Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek verduidelik.

AfriForum het ook ‘n noodfonds vir elke tak geskep wat gebruik word om hierdie aksies volhoubaar voort te sit. Lede van die publiek kan skenkings aan die noodfonds doen wat weer gebruik word om noodsaaklike produkte vir die behoeftiges aan te koop.

Mense wat skenkings wil doen, kan hul naaste tak vir meer inligting kontak of die taknoodfonds-blad op AfriForum se webtuiste besoek.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help om ‘n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak.

SMS jou naam na 45342 (R1) en word deel van die oplossing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button