Local newsNews

Die Krugersdorp News verwelkom ons nuwe redakteur

Botha was vir meer as vier en ‘n half jaar joernalis by die Roodepoort Record. Sy artikels het ook gereeld in die Northside Chronicle (nou Roodepoort Northsider) verskyn. Hy is ook tans die redakteur van Randfontein Herald.

Clinton Botha – gebore in Boksburg en ‘n inwoner van die Wes-Rand sedert vierjarige ouderdom. Amptelik in die warmstoel sedert 1 Julie 2020 het Botha die leisels by kollega, ‘n voormalige mentor en News-redakteur, Janine Viljoen oorgeneem.

Botha was vir meer as vier en ‘n half jaar joernalis by die Roodepoort Record. Sy artikels het ook gereeld in die Northside Chronicle (nou Roodepoort Northsider) verskyn.

Hy is ook tans die redakteur van Randfontein Herald.

As sportliefhebber het Botha homself in verskeie ‘beats’ – soos die media dit ken – ingewurm en hy erken ruiterlik dat sy groot liefde altyd te doen het met ‘n telbord, skare en (gewoonlik) ‘n bal wat hop.

“Ek sien uit om ‘n paadjie saam die Krugersdorp-gemeenskap te stap en sê dankie vir die geleentheid,” sê Botha.

“Hierdie is die gemeenskap se koerant, en ek sal graag wil hoor hoe ons dinge kan opkikker en selfs verbeter na hulle smaak,” sluit Botha af.

Botha kan per epos by krugersdorpnews@caxton.co.za of by 076 344 1550 geskakel word.

Waaroor wil julle lees?

‘n Koerant is nie ‘n koerant as niemand dit lees nie. Daarom vra ek as redakteur, waaroor wil julle, die gemeenskap lees? Hou julle meer van die skop-skiet-en-boomklim artikels, of wil julle eerder oor jul kinders se prestasies lees? Ons as die News dra ons lesers se belange op die hart. Skakel ons by 011 693 3671/2 of epos ons by krugersdorpnews@caxton.co.za met enige nuus.

Ons wil daar wees vir julle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button