Local newsNews

‘n Bietjie hoop maak ‘n groot verskil

Dit het als begin by 'n kerspartytjie verlede jaar en nou het die A Ray of Hope organsiasie sommer baie projekte, en probeer hulle regtig dié in nood help.

‘n Sonstraal wat deur die donker breek is hoe mens die groep van die A Ray of Hope-organisasie kan beskryf.

Soos baie organisasies help hulle ook die arm en honger lede van die gemeenskap. Vir hulle gaan dit egter nie net daaroor om ‘n maag vol te maak nie maar om werklik ‘n verskil te maak waar dit die nodigste is.

Natasha Engelbrecht van die organisasie het vertel dat hulle verlede jaar besluit het om ‘n Kerspartytjie vir ‘n skool in West Village te hou. Van daar het hul organisasie net gegroei en het van Oktober verlede jaar af al meer as ‘n handvol projekte onderneem.

Natasha Engelbrecht skep die sop in bakkies.

Veral nou tydens die Covid-19 inperking is hulle hard besig met sopkombuise en voedingskemas vir die gemeenskap. Hulle hou so elke twee weke ‘n sopkombuis en deel ook gereeld kospakkies uit aan ouetehuise en ander gemeenskapslede.

Hulle fokus nie net op mense nie en deel ook kos uit aan gesinne wat nie meer kan bekostig om hul troeteldiere kos te gee nie.

Elize Mostert het ook help sop uitdeel.

Hulle het boonop ‘n winterkombersinsameling gehou en visvangkompetisies aangebied vir kinders wat nie kan bekostig om met vakansie te gaan nie.

Die organisasie help op baie verskillende maniere en daarom vra hulle vir die gemeenskap om vir hulle kos, klere, speelgoed, doeke, toiletware, huishoudelike items, gordyne, boeke en meubels te skenk.

Zileca Mostert, Megan Erasmus en Elain Erasmus deel lekker kos uit.

Hulle vra ook vir diegene wat nie iets kan skenk nie, om op ander maniere te help, soos om loodgieterwerk by ‘n pensioentrekker se huis te doen, koeke te bak vir verjaarsdae of om met motorherstelwerk te help.

Indien jy ‘n helpende hand aan die A Ray of Hope-span wil verleen of net meer te wete wil kom oor die projekte waarmee hulle besig is, kontak hulle gerus by info@rayofhope.co.za of skakel hulle by 010 035 5210 of 010 035 5214.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button