Local newsNews

Paartjie staan steeds sterk na 50 jaar

Paartjie van Krugersdorp stap al 'n lang pad saam en sal op 29 Augustus hul 50ste huweliksherdenking vier.

Dit is die liefde wat Chris en Annatjie Bezuidenhout vir mekaar wys wat hul verhouding so spesiaal maak vir hul kinders.

Op Saterdag, 29 Augustus vier hierdie paartjie hul 50ste huweliksherdenking. Die 73-jarige Chris het op ‘n dag by sy nefie gaan kuier en daar het hy vir Annatjie, nou 69, ontmoet. Die twee het 36 jaar gelede van Maraisburg af Krugersdorp toe getrek.

Chris en Annatjie Bezuidenhout op hul troudag. Foto ingestuur.

Chris was ‘n swaarvoertuigbestuurder en Annatjie ‘n boekhouer en hulle het drie kinders – twee seuns, Christo en Renier Bezuidenhout en een dogter Sonja Nortman.

Hulle verhouding is uiters spesiaal vir al drie ons kinders, hulle is nog altyd daar vir mekaar, beste maats, deur dik en dun ondersteun hulle nie net mekaar maar ook almal anders om hulle. Hulle liefde vir mekaar skitter helder en daarom het hulle soveel liefde vir almal wie se lewens hul aanraak, het Sonja vertel.

Die paartjie geniet dit om tyd saam met mekaar te spandeer en Sonja sê dat hulle gereeld oor naweke saam gaan uiteet.

Een van die dinge wat vir Sonja uitstaan van haar ouers is die respek wat hulle vir God, mekaar en hul medemens toon.

“Hoe geliefd hulle is deur almal maak mens werklik trots om hulle as ouers te hê. Hulle het nog altyd uit hul pad gegaan om ons kinders lief te hê en aan ons te gee als wat hulle kon,” het sy bygevoeg.

Sy vertel verder dat Chris en Annatjie se sewe kleinkinders hul wêreld is en dat die plan is om hul huweliksherdenking saam met hul geliefdes te vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button