Local newsNews

Voedingskema bring broodnodige hulp aan behoeftige Burgershoop-inwoners

Die Burgershoop-voedingskema gee elke dag vir honderde behoeftiges in die gemeenskap kos.

Die Burgershoop-voedingskema het onlangs die dag vir hul gemeenskap baie spesiaal gemaak.

Op Nasionale Vrouedag, 9 Augustus kon die gemeenskap vanaf 2nm by die sopkombuis ‘n draai maak, waar daar kospakkies en klere uitgedeel is aan dié wat dit nodig het.

Die kinders het pakkies lekkergoed gekry. Foto ingestuur.

Die kinders het elkeen ‘n pakkie lekkers gekry en kon hul gesigte laat verf.

Miss Petite Krugersdorp-finalis, Azalea Hood het ook by die sopkombuis aangesluit en het gesigte geverf en Vrouedag-geskenkies uitgedeel.

Azalea Hood deel Vrouedag-geskenkies uit.

Piet Bekker, die hoof van die voedingskema het opgewonde vertel dat almal ‘n baie lekker dag gehad het en dat dit ‘n reuse sukses was.

Die Burgershoop-voedingskema gee elke dag vir honderde behoeftiges in die gemeenskap kos. Indien jy hulle wil help, kontak gerus vir Piet by 062 806 8039.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button