Local newsNews

‘n Kwessie van oorlewing

Ek vra nie geld nie, ek vra asseblief net hulp – 55-jarige emfiseemlyer.

Die 55-jarige Antionette Marais sit op haar bed in haar kamer terwyl sy sukkel om asem te haal.

Sy is gediagnoseer met Vlak vier-emfiseem. Sy oorleef op ‘n staatspensioen en die suurstof wat ons as vanselfsprekend aanvaar, kan sy nie meer bekostig nie.

Drie jaar gelede het Antionette agtergekom dat sy sukkel om asem te haal, en is eers verkeerdelik by ‘n kliniek met asma gediagnoseer. Nadat sy in die hospital beland het, het sy die slegte nuus gekry dat sy eintlik aan emfiseem ly.

Vir die afgelope paar jaar het Antionette se broer haar een keer ‘n maand met ‘n minibustaxi na ‘n staatshospitaal in die dorp geneem om haar medikasie te gaan haal. Sy moes ook elke ses maande vir ‘n opvolgondersoek gaan.

My ma kan nie meer soontoe gaan nie – sy kan nie eers ‘n paar meter loop sonder om uitasem te raak nie,” het Marionette Ball, haar dogter vertel.

Antionette se laaste ondersoek moes in April vanjaar gewees het, maar as gevolg van haar toestand en die hoë risiko om Covid-19 op te doen, is sy deur spesialiste aangeraai om eerder nie hospitaal toe te gaan nie.

Die probleem is dat die hospitaal glo nou nie meer vir haar medisyne wil gee nie. Sy kan ook nie ‘n suurstofmasjien kry tensy sy ophou rook nie.

Antionette Marais is deur haar siekte verswak. Foto: Natasha Pretorius.

Antionette se toestand het so verswak dat sy maar net 30kg weeg. Haar spesialis het boonop gesê dat as sy nou ophou rook, haar liggaam dit nie sal kan verwerk nie.

Marionette het toe vir haar ‘n suurstofbottel gekoop, maar dié 3l-bottel hou net ‘n paar dae. Dit kos boonop R180 om dit vol te maak. Antionette gebruik die suurstof dus net wanneer dit broodnodig is.

Sy het tydens die inperkingstyd ook drie keer in staatshospitale beland as gevolg van haar siekte. Die familie vra gevolglik die gemeenskap om hulp.

Ek wens dit was nie nodig om mense te moet vra vir hulp nie, maar hierdie is ‘n kwessie van oorlewing vir my. Ek vra nie geld nie, ek vra asseblief net hulp,” het Antionette in trane vertel.

Indien jy vir Antionette kan help, skakel gerus vir Marionette by 084 965 5253.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button