Local newsNews

Ontsmettingsmiddels en maskers vir kinders danksy Esperança

Aangesien skole vereis dat kinders maskers en ontsmettingsmiddels skool toe neem, het die organisasie besluit om te help.

Die Esperança Foundation het op 11 Augustus hul fokus op die kinders van die gemeenskap geplaas en 150 elk ontsmettingsmiddels, maskers en lekkergoedpakkies uitgedeel.

Lisa Cloete het vir die organisasie 100 maskers geborg en PACC die res, terwyl Executive Building Cleaners (EBS) die bottels ontsmettings geborg het.

Aangesien skole vereis dat kinders maskers en ontsmettingsmiddels skool toe neem, het die organisasie besluit om te help.

“Soveel mense in die gemeenskap het in die inperkingstyd hul werk verloor en het nie die finansies om hierdie noodsaaklikhede te bekostig nie,” het Yolandi Pestana van die organisasie gesê.

Yolandi het vertel dat daar ook nie altyd geld is vir lekkergoed nie en daarom wou hulle die kinders ‘n bietjie bederf.

Dit was die eerste van ‘n paar projekte wat die organisasie beplan vir die toekoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button