Local newsNews

Bekende oudskoolhoof oorlede

Herman Groenewald is veral in Krugersdorp bekend vir sy bydrae as hoof van Noordskool van 2000 tot met sy aftrede in 2010. Krugersdorp treur oor hierdie pilaar in die gemeenskap.

Herman Groenewald, voormalige hoof van Laerskool Krugersdorp-Noord is op 2 September aan ‘n Covid-19 verwante siekte oorlede.

Herman was 73 jaar oud toe hy oorlede is en sal lank onthou word deur die duisende leerders, onderwysers en lede van die Krugersdorp-gemeenskap wie se lewens hy aangeraak het.

‘n Troosdiens is Dinsdag, 8 September in die NG Kerk Rant-en-Dal Prisma vir hom gehou, en dit is ook in die skoolsale van Laerskool Krugersdorp-Noord en Laerskool Protearif gebeeldsend.

Hy word oorleef deur sy vrou, Amanda, ‘n seun, dogters en kleinkinders.

Lees die News se eksklusiewe onderhoud met die familie in volgende week se uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button