Markdag vir dié wat swaar getref is deur die inperking
Achterberg skep platform en hou markdag vir mense wat hul werk tydens inperking verloor het.
Die inperkingstyd het almal hard getref maar die Achterbergh Kamp en Konferensiesentrum wil hul deel doen om lede van die gemeenskap te help wat sukkel.
Op Saterdag, 5 September het hulle juis hul eerste markdag aangebied met al die stalletjies wat handgemaakte produkte verkoop het.

Die idee vir die mark het ontstaan nadat baie lede van die gemeenskap hul werk tydens die inperkingstyd verloor het. Achterberg wou graag ‘n platvorm skep waar hierdie mense ‘n inkomste kon verdien.
Besoekers is deur die dag vermaak met die musiektalent van Christiaan Baartman, terwyl Willem de Beer wors vir die boereworsrolle gebraai het.

Daar was ook springkastele waar die kinders hulself onder toesig kon besig hou terwyl hul ouers die mark geniet. Behalwe vir die mark kon besoekers ook van Achterberg se fasiliteite gebruik soos ‘n warmwaterswembad en die staproetes wat die familie saam kon geniet.

Hierdie mark sal van nou af een keer ‘n maand aangebied word en uitstallers kan ‘n epos aan pradisecafe4u@gmail.com stuur indien hulle ‘n stalletjie wil bespreek.
