Local newsNews

Bejaardes vier lente met ‘n Mojito-vonkeldrankie

Residentia Moria het onlangs 'n Lentedag en -ete vir hul bejaardes aangebied.

Lente is uiteindelik hier. Vir die meeste van ons is dit goeie nuus maar vir ander is dit ‘n groot bron van blydskap.

Vir die bejaardes wat nou al maande in hul kamers en eetsale vasgekeer is as gevolg van die Covid-19 inperking is die warmer weer ‘n lang verwagte seën omdat hulle na hartelus weer die dag buite op die vars gesnyde grasperk kan deurbring.

Moria-inwoner Marie van der Merwe geniet ‘n vonkeldrankie saam Terence Green van Fedics wat die spyseniering hanteer het. Foto ingestuur.

Residentia Moria het op 4 September ‘n Lentedag en -ete vir hul bejaardes aangebied om die nuwe seisoen te vier. Aangesien die tradisionele Lentedag belemmer is deur ‘n onverwagte koue front is die viering met ‘n paar dae uitgestel.

“Gelukkig het ons nie die Lentebraai op Lentedag gehad nie want dan moes almal met jasse en serpe aangesit het!” het Heilie van der Merwe, Moria se maatskaplike werker gesê. “Die Vrydag kon ons heerlik buite in die sonnetjie saamkuier voordat ons vir die feesmaal aangesit het.”

Freda en Koos Redelinghuis geniet hulself in die eetsaal gedurende Moria se Lente-ete. Foto ingestuur.

Heilie het vertel hoe dankbaar hulle was dat die grendeltyd oor die algemeen nie so moeilik vir hulle was nie.

“Dit het vanjaar baie goed gegaan, en min inwoners het soos in die verlede verkoue en griep gekry danksy die isolasie. Die inwoners was baie dapper en het moedig gebly, ten spyte van swaarkry omdat hulle weens die isolasie nie hul familie en vriende kon sien nie. Hulle het die personeel ondersteun en gehelp waar hulle kon.”

Neels Rossouw, Moria se eie platejoggie het die groep tydens die Lentedagvieringe met sy musiek vermaak terwyl die Fedics-span wors en hoenders gebraai en saam met ‘n Mojito-vonkeldrankie aan die bejaardes bedien het

Moria-bestuurder Annatjie Griesel verseker dat alles glad verloop gedurende die Lentedagvieringe. Foto ingestuur.

Moria vra enige donasies om hul inwoners te help besig bly gedurende die res van die grendeltydperk. “Ons benodig wol, hekelgare, legkaarte, ensovoorts vir die inwoners,” het Heilie laastens gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button