Local newsNews

Die Cape Flats – Sjoe, dit is wild daar

September is Erfenismaand en die News het besluit om ‘n paar gemeenskapslede uit te vra oor hul erfenis.

Die term ‘erfenis’ kan baie dinge insluit – van die kos wat jy geniet tot die speletjies wat jy as kind gespeel het.

September is Erfenismaand en die News het besluit om ‘n paar gemeenskapslede uit te vra oor hul erfenis.

Een van hulle is Rosetta Stuurman, ‘n vriendelike 35-jarige bruin vrou oorspronklik van Kaapstad. Sy het vertel dat sy gebore is en groot geword het op die Kaapse Vlakte en dat dinge daar baie anders gedoen word as hier.

“Sjoe, dit is wild daar,” het sy laggend vertel toe sy gevra is hoe die Cape Flats van Krugersdorp verskil. Sy het vertel dat hulle baie bekend was vir hul cabbage stew (koolbredie) en verskillende kerries. Een van die dinge wat hulle beslis daar anders voorberei is hul herderspastei.

Ons maak herderspastei so ‘n bietjie anders; waar dit hier met kapokaartappels gemaak word maak ons dit daar met blomkool,” het sy verduidelik.

Sy het ook nostalgies geraak toe sy vertel het van een van die lekkernye wat hulle geniet het. Vir hulle was dit ‘n bederf as jy patats saam met vla kon eet.

Rosetta is een van drie kinders en sy onthou hoe baie hulle as kinders buite gespeel het en ook die dinge wat hulle aangevang het. Sy het vertel dat hulle speletjie soos uitskrapie en drie stokkies gespeel het waar daar baie gespring en ‘n sirkel of drie stokkies betrokke was.

Hulle het ook hul eie waentjies gemaak en gereeld gaan paddavissies vang in die sloot naby die huis. Sy het gelag terwyl sy vertel het hoe sy en haar vriende klein soetblommetjies genaamd frietangs of froetangs gepluk en geëet het en hoe hulle seevye of suurvye, sou pluk en dit eet of konfyt daarvan kook.

Rosetta het gesê dat sy graag eendag hierdie erfenis sal wil oordra aan haar seun en hom ook graag die speletjies sal wil leer wat sy as kind gespeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button