Local newsNews

Hoop vir kinders met leer- en leesprobleme

Rippel Reading glo dat dit belangrik is om leerders reg van die begin af die regte lees- en leervaardighede te leer.

Studieprobleme by leerders manifesteer dikwels nog voor die ouderdom van 11. So sê dié wat weet.

Die tydperk tussen Graad R en Graad 5 kan die verskil tussen ‘n A+ of ‘n broekskeuruitslag op ‘n rapport in die hoër grade beteken, het Chanel Jooste van die niewinsgewende Rippel Reading-organisasie verduidelik.

Chanel en Elize Knoetze glo vas dat ‘n stewige grondslag reeds van die eerste dag van ‘n kind se skoolloopbaan gelê moet word. Dié twee beoog om hul jarelange ondervinding in die onderwys en fyn beplande programme te gebruik om onderwysers op te lei om van die begin af leerders te help om beter te lees.

Ons programme is gebaseer op taal en persepsie om onderwysers toe te rus om leerders met die leer- en leesproses te help,” het Chanel genoem.

Die Rippel Reading-span het onlangs hul programme aan ‘n groep wat bestaan het uit besigheidseienaars en onderwysers aan die Wes-Rand bekend gestel. Die hoofdoel was om bewustheid oor die probleem te skep en fondse in te samel om hul projekte te ondersteun.

“Ons neem borge in om werkswinkels vir opvoeders aan te bied. Ons bied geborgde ure aan skole wat hulle soos nodig kan gebruik om addisionele hulp vir hul leerders te bied,” het Chanel verder verduidelik.

Tydens die bekendstelling is die aanwesiges ingelig oor die probleme waarmee leerders daagliks sukkel, die vele oorsake daarvan en die moontlike oplossings wat Rippel Reading voorstel, alles oor ‘n smullekker ete by Coffee Cabin.

Ons gaan ‘n paar oefeninge doen, soos dié wat ons met ons leerders doen om te wys hoe belangrik kommunikasie werklik is,” het Chanel vooraf gesê.

Die geld wat hulle ingesamel het, gaan gebruik word vir hul mentors wat benewens hul eie werk as onderwysers tyd neem om leerders by ander skole te help, het Chanel verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button