Local newsNews

Gewapende rooftogte, hekmotordiefstal neem toe in Mogale

Johan Krogh van EPR Sekuriteit het gesê hoewel minder insidente as die vorige week die afgelope naweek by hulle aangemeld is, dit nie beteken dat dit nie ernstige insidente was nie.

Hoewel minder insidente die afgelope naweek in Mogale City aangemeld is, waarsku Johan Kogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand dat dit nie beteken dat die insidente wat wel aangemeld is, nie ernstig is nie.

Hy het dit gesê nadat die sekuriteitsmaatskappy hul misdaadsyfers vir die afgelope naweek vrygestel het.

Al is net een voorval op Vrydag, 2 Oktober, by die sekuriteitmaatskappy aangemeld toe ‘n brood in Krugersdorp-Noord gesteel is, was hulle Sondag redelik besig toe vier voorvalle aangemeld is.

Die span het onder andere op ‘n insident in Azaadville gereageer waar iemand ‘n besigheidsperseel betree het.

In Tarlton is ‘n besigheid beroof en die rowers is weg in ‘n blou Suzuki Swift met gesteelde kontant, sigarette en selfone.

In Kenmare en Chancliff onderskeidelik is daar items uit ‘n huis en ‘n hekmotor gesteel.

Gewapende rooftogte en hekmotordiefstal neem steeds toe in die area,” het Krogh verder gewaarsku.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button