Wesrand-klub vang 378 visse op een dag!
Op 19 September het die klub se lede by Last Farm langs die Vaaldam hul lyne gaan natmaak.
Op ‘n warm lente-oggend was die motors gelaai en almal reeds vroeg reg om die langpad aan te durf vir nog ‘n dag van hengel.
So het Anja Meyer van die Wesrand Hengel Klub vertel.
Op 19 September het die klub se lede by Last Farm langs die Vaaldam hul lyne gaan natmaak.
Sy het vertel dat toe die toeter teen 3nm blaas om die einde van die dag aan te dui, die inweeg daarna ‘n hele ruk geneem het.
… nie oor die Covid-19 maatreëls nie maar oor die baie visse wat gevang is,” het sy vertel.
Tussen die 30 lede wat deelgeneem het is 378 visse gevang, wat saam 301,805kg geweeg het.
Sy het bygevoeg dat hulle ‘n nuwe lid bygekry het en dat klublid Marko Lourens van ‘n juniorposisie na die mansafdeling opgeskuif het. Hy het dié dag 19 visse uitgetrek en sesde op die puntebord geëindig.
Die klub sal op 17 Oktober nog ‘n hengelkompetisie aanbied.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Anja by 076 729 2801.
