Dertien insidente in Mogale oor eerste naweek van 2021, meestal natuurskade – EPR
'Alhoewel daar wel gevalle van huisbraak en diefstal aangemeld was in Mogale City was meeste insidente aangemeld die van saakbeskadiging weens die groot reën'
Minstens 13 insidente is gedurende die eerste naweek van 2021 van 1 tot 3 Januarie in Mogale City by EPR Sekuriteit aangemeld.
Volgens Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het die meeste insidente (10) by wonings plaasgevind, gevolg deur drie by besighede.
Krogh het gesê alhoewel daar wel gevalle van huisbraak en diefstal aangemeld was in Mogale City was meeste insidente aangemeld die van saakbeskadiging weens die groot reën in die omgewing oor die naweek.
Ons innige simpatie aan die wat skade gelei het en vertrou dat die skade vinnig herstel sal word. Ons wens alle inwoners van Mogale City ‘n voorspoedige en veilige 2021 toe.”
EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

