Local newsNews

Bekende kroeg maak hul harte oop vir WAS

Die Mac Merv's-span het onlangs weer hul harte en beursies oopgemaak vir die WAS Foundation.

In plaas daarvan om Kersgeskenke te koop het die span en kliënte van die Mac Merv’s-kroeg eerder hul geld aan ‘n goeie doel spandeer.

Elke jaar samel Anne-Marie en André van der Merwe, die eienaars van dié kroeg, geld en kos in vir die We’re Against Starvation (WAS) Foundation.

Hierdie jaar het hulle weer lekker vermaak vir hul kliënte verskaf en het ses sangers, naamlik Tanya, Natasha, Don McGee, Boeboe, Bella en Jacques die verhoog betree om van Country tot Pop te sing – daar is selfs gejodel.

Andre Fourie saam met die wenner van die tweede mandjie, Mariki Bartholoma.

Die toegang vir hierdie geleentheid wat om 2nm op Sondag, 13 Desember afgeskop het, was ‘n blikkie niebederfbare kos. Daar is ook verskeie mandjies geborg wat lekkernye bevat het.

Elke sanger het aan die einde van die dag ‘n geskenkmandjie gekry om vir hulle dankie te sê, en een van die sangers het haar mandjie vir R500 verkoop sodat sy dit ook aan WAS kon skenk.

Siela Fourie, of ‘Gesig’ soos haar vriende haar ken, was tydens die gelukstrekking die wenner van die eerste mandjie.

Die volgende mandjie is toe opgeveil, en hier was dit Mariki Bartholoma wat daarmee weggestap het toe sy R1 000 op die mandjie gebie het.

Agamis Elisium, ‘n motorfietsklub, het ook ‘n groot klomp geld op die dag geskenk, en selfs ander uitgedaag om hul donasie te ewenaar of te oortref.

Die geld wat ingesamel is tydens die gelukstrekking en veiling, die niebederfbare kos en ander donasies is alles aan WAS geskenk.

Dit was beslis ‘n groot hupstoot vir die organisasie, en almal word hartlik bedank vir hul bydraes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button