NewsSchools

Ebenhaeser se Graad 1’s kort skryfbehoeftes

Twee plaaslike inwoners vra die gemeenskap se hulp om te verseker dat die eerste skooldag lekker sal wees.

Aan die begin van die skooljaar sien mens uit na nuwe skryfbehoeftes soos ‘n uitveër sonder passergate, ‘n nuwe pennesakkie en uitdraaikryte waarvan die lood nog heel is.

Dit dra alles by tot die opgewondenheid van die eerste skooldag. Vir baie kinders is dit egter ongelukkig nie vanjaar beskore nie.

In ‘n gemeenskap waar baie inwoners sukkel om kop bo water te hou is daar net nie in die begroting plek vir nuwe skryfbehoeftes nie. Hierdie probleem word vererger deur die feit dat so baie ouers hul werk verloor het as gevolg van die pandemie.

Ruan Sinden, Mnr Krugersdorp eerste prins en sy vriendin, Karin Barkhuizen, het besluit om te help. Hulle het aanvanklik aan die begin van Desember gevra of die gemeenskap kan hand bysit deur skryfbehoeftes vir die nuwe paddabeentjies te skenk. Maar hulle het vinnig besef dat die nood verder strek as net Graad 1’s.

Gewoonlik fokus almal in daardie tyd daarop om te vra vir Kersgeskenkdonasies en nie op die kinders wat moet teruggaan skool toe nie,” het Ruan gesê.

“Dit is nie lekker om jou eerste skooldag sonder skryfbehoeftes te begin nie,” het Karin bygevoeg.

Hulle samel skryfbehoeftes vir Laerskool Ebenhaeser se leerders in, hoofsaaklik omdat die skool in Krugersdorp-Wes en in hul area is. Hulle het verduidelik dat daar ook ‘n groter aantal ouers is wat dit nie vir hul kinders sal kan gee nie.

Hulle is op soek na skoolbehoeftes soos uitdraaikryte, inkleurpotlode, gryspotlode, uitveërs, skerpmakers, Pritt, hardebandboeke en baie meer.

Indien jy kan en wil bydra, skakel gerus vir Karin by 071 385 0184 of Ruan by 063 519 0721.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button