Local news

N’zuri-span blink uit by nasionale brandweerkompetisie

N’zuri se brandweerpersoneel het ondanks beserings en uitdagende weerstoestande verskeie podiumplekke by die nasionale kompetisie in George behaal, met die vroue-aflosspan wat tweede geëindig het.

Die N’zuri-span het Krugersdorp se naam hoog gehou by die Nasionale Sterkste Brandweerman-kompetisie in George, waar nege spanlede hul kragte teen meer as 150 deelnemers van regoor Suid-Afrika en ’n span van Botswana gemeet het.

Volgens afrigter Manie Gouws het die span ondanks beserings, onttrekkings en uitdagende weersomstandighede goeie resultate behaal.

Manie Gouws in aksie. Foto: Verskaf

Die driedaagse kompetisie het vier afdelings ingesluit: brandslange sleep en oprol, ’n hindernisbaan, gewigte en toerusting met ’n toring opry en aftrek, en ’n 600 m-hardloop. Deelnemers moes elke afdeling binne vyf minute voltooi terwyl hulle volle brandweertoerusting en ’n lugtenk gedra het.

Donderdag se temperature van 35 °C het die deelnemers getoets, terwyl reën en koue Saterdag die baan moeiliker gemaak het.

Ontiretse Pule in haar brandweer toerusting. Foto: Verskaf

Maithamako Moswete het eerste in die vroue se ouderdomsgroep 40–44 geëindig en derde algeheel behaal. Ontiretse Pule het die 50–54-ouderdomsgroep gewen, terwyl Lesego Molikwe tweede in die 35–39-groep geëindig het. Johannah Belali was derde in die 40–44-groep.

Onder die mans het afrigter Gouws eerste in die 45–49-ouderdomsgroep en sesde algeheel geëindig. Vincent Naudé was tweede in die 35–39-groep en sewende algeheel.

Die vroue-aflosspan het tweede uit ses spanne geëindig. Die mans-aflosspan het vierde uit 25 spanne geëindig en die podium met net vyf sekondes misgeloop.

Gouws het gesê hy is trots op die span se prestasies ná ’n moeilike jaar.

Vincent Naudé in aksie. Foto: Verskaf

Vier spanlede sou in November aan die Wêreld Brandweerspele in Saoedi-Arabië deelneem, maar die kompetisie is volgens Gouws weens die konflik in die Midde-Ooste uitgestel. Dit sal nou van 4 tot 12 November 2027 plaasvind.

Die span berei intussen voor vir ’n plaaslike Dräger-kompetisie en nog ’n nasionale kompetisie in George.

Gouws het afgesluit deur mense aan te moedig om hul te volg op hul WhatsApp-kanaal, kliek hier:

https://whatsapp.com/channel/0029Vb6JEec8vd1P9isQID1a

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button