CrimeNews

Tien insidente in Mogale oor die naweek, meestal saakbeskadiging en huisbraak – EPR

EPR Sekuriteit het hul jongste misdaadverslag bekendgemaak – van petrolpompe wat omgery is tot gesinsgeweld en huisbraak is gerapporteer.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag wys 10 insidente vir die tydperk van 15 tot 17 Januarie.

Hul algemene bestuurder, Johan Krogh, het verduidelik dat drie verdagtes daardie naweek gearresteer is vir misdade wat strek van saakbeskadiging tot gesinsgeweld en huisbraak.

Daar was ook twee gevalle waar voornemende inbrekers die sekuriteitstraaltoerusting afgebreek het.

Op Vrydag, 15 Januarie, is twee gevalle van saakbeskadiging aangemeld. In die eerste geval is ‘n petrolpomp omgery en een van die verdagtes is gevang. In die tweede insident het ‘n Fiat Palio deur ‘n muur in Rant-en-Dal gery.

Op dieselfde dag was daar ook ‘n huisbraak in Noordheuwel waar ‘n TV en rekenaars gesteel is.

Saterdag, 16 Januarie, is vier insidente aangemeld. ‘n Man is gearresteer vir gesinsgeweld en ‘n ander persoon is in Factoria gevang terwyl hy nie betaal het vir koekies nie.

Tydens ‘n huisbraak in Witpoortjie is een mens gevang wat selfone en ‘n tablet gesteel het, en die buitebeskermingstoerusting is by ‘n huis in Rangeview afgesteel.

Op Sondag, 17 Januarie, is daar net twee gevalle aangemeld – ‘n huisbraak in Kenmare, en saakbeskadiging waar die buitebeskermingstoerusting by ‘n huis in Krugersdorp-Noord afgebreek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button