NewsSchools

‘Ons skoolterrein is een van die veiligste plekke waar jou kind kan wees’ – skoolhoof

Hoërskool Noordheuwel berei tans hul terrein voor om te verseker dat hul leerders veilig kan skoolgaan.

Met die heropening van skole om die draai het Dawie Kriel, hoof van Hoërskool Noordheuwel vertel dat hy en die skool se personeel gereed en ordentlik toegerus is om die leerders veilig by die skool terug te verwelkom.

“Noordheuwel is absoluut gereed om leerders terug te ontvang. Al die Covid-19 protokolle is in plek en ons skoolterrein is sekerlik een van die veiligste plekke waar jou kind kan wees.

Ons kan egter nie wetgewing ignoreer nie, en daarom sal ons nie meer as 50 persent van ons leerders op een slag op die skoolterrein kan huisves nie. Leerders sal dus elke tweede dag skool bywoon en op die alternatiewe dag hul lesse en huiswerk aanlyn ontvang. Graad 12-leerders sal egter almal elke dag skool bywoon.

“Dit sal altyd beter wees om kinders by die skool te hê en van aangesig tot aangesig klas te gee. Niks kan ooit die persoonlike kontak tussen onderwyser en leerder vervang nie. Leerders het ook nodig om tussen maats te beweeg om sosiale vaardighede te ontwikkel.

“By Noordheuwel besef ons dat akademie altyd eerste kom, en ons het selfs in 2020 alle werk afgehandel – nie net die verkorte kurrikulum nie,” het hy laastens vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button