Local newsNews

Amandèri Charity Assist reik uit na dowe persone

Die Amandèri Charity Assist-span is weer hard aan die werk om ‘n verskil te maak. Hierdie jaar samel hulle maskers vir dowe persone in.

Die nuwe norm van maskers dra is vir baie mense ‘n frustrasie, maar nie soveel soos dit vir dowe persone kan wees nie.

Amanda van der Merwe van die Amandèri Charity Assist-organisasie het verduidelik dat baie mense liplees om te kan verstaan wat ander sê. Met dié dat almal nou maskers dra kan hulle dit nie doen nie.

Elke jaar pak Amanda en haar dogter, Elmari Welman, ‘n nuwe liefdadigheidsprojek deur hul organisasie aan. Gewoonlik samel hulle kos en klere in, en dan aan die einde van die jaar hou hulle ‘n lekker groot Kerspartytjie vir behoeftige kinders.

Ongelukkig, het Amanda verduidelik, kan hulle dit nie hierdie jaar doen nie as gevolg van die Covid-19 regulasies wat vir samekomste geld.

Hulle het gevolglik besluit om maskers in te samel vir dowe mense. Die maskers sal ‘n plakker op hê wat aandui dat die persoon agter die masker nie kan hoor nie.

“Ons het vir onsself ‘n doelwit van 10 000 maskers gestel,” het Amanda gesê terwyl sy verduidelik dat sy ‘n borg gekry het wat die plakkers gaan laat druk.

Sy het reeds 1 250 maskers ingesamel waarvan 1 000 deur Glassfit geskenk is.

Die maskers sal onder andere aan sentrums vir bejaardes, die Wes Rand Skool vir Serebraal Gestremdes en aan individue uitgedeel word.

Elke plakker kan twee keer gebruik word, en hulle vra dat mense weggooimaskers skenk.

Die doel is om al hierdie maskers teen 15 April bymekaar te hê. Indien jy ‘n paar maskers wil bydra, skakel vir Amanda by 082 598 8258.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button