CrimeNews

AfriForum se nasionale patrollie ‘n reuse sukses

AfriForum het onlangs weer hul nasionale patrollie gehou en deurnag die strate help veilig hou.

“As daar een ding is wat ons Krugersdorpers kan doen, dan is dit saamtrek,” het Martin Lombard, die voorsitter van die AfriForum-buurtwag onlangs op Facebook gesê.

Dit was nadat hulle op Vrydag, 12 Maart, hul jaarlikse nasionale patrollie gehou het.

Ons het behoorlik die daad by die woord gevoeg met #OnsSalSelf.”

Die 51 patrolleerders wat die aand gepatrolleer het, het saam 1 644km gery en vir 373 uur gepatrolleer. Daar is twee arrestasies gedoen en hulle het op 19 insidente gereageer waarvan twee motorongelukke was.

Een van die ongelukstonele wat die patrolleerders bygewoon het. Foto’s: AfriForum Krugersdorp Facebook-blad.

Martin het almal bedank wat betrokke was, asook vir Mapogo- en Dowry-sekuriteit wat saam met hulle gewerk het, asook die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum-lede wat twee tonele saam met hulle bygewoon het.

Dit is die rede hoekom Krugersdorp een van die beste buurtwagte in Gauteng het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button