NewsSchools

Helpende hand vir Nories-koskasprojek

Die Run Zone-hardloopklub het onlangs talle kositems ingesamel om aan Hoërskool Noordheuwel se Koskasprojek te skenk. Hulle vra dat ander dieselfde doen.

In die meeste skole is daar leerders wat nie elke dag iets het om te eet nie. Die hartseer waarheid is dat die Covid-19 pandemie heelwat veel meer gesinne op ‘n meer persoonlike vlak oor die afgelope jaar en ‘n half beïnvloed het as wat mens dikwels besef. By Hoërskool Noordheuwel word die nood in ‘n groot mate verlig deur die skool se Koskasprojek.

Nories verskaf elke skooldag kospakkies aan ‘n aantal van hul leerders, en die gesinne van die leerders word ook dikwels gehelp.

Heelwat lede van die Run Zone West Rand-hardloopklub het kinders in Hoërskool Noordheuwel, of is oudleerders van die skool. Toe Craig Hinrichsen, en Warren en Chantel Mackenzie aan die begin van Junie begin blikkieskos insamel het, het hulle nog nie geweet aan wie hulle dit sou skenk nie.

Connor Mackenzie lewer ‘n kosskenking by Noordheuwel af. Photo: Jaco Human.

“My dogters is in Noordheuwel en het eendag vir my vertel dat die skool ‘n voedingprogram vir van hul kinders het. Ons het toe die goed bymekaar gekry en ook geld ingesamel waarmee vars items soos melk en brood vir die gesinne gekoop kan word,” het Chantel verduidelik.

Teen die einde van Junie het die Run Zoners ‘n paar bokse vol kos en R5 000 aan Noordheuwel oorhandig. Dié klub is egter nog nie klaar nie en beplan om weer binnekort te begin items insamel. Die slag hoop hulle dat meer lede van die publiek betrokke sal raak.

Die klub is tans gesluit weens die huidige vlak 4-grendelregulasies, maar wanneer hulle weer normaal funksioneer kan items op sekere tye gedurende die week by die klub se Noordheuwel-perseel afgelewer word. Intussen kan Chantel gekontak word by 084 892 5758.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button