NewsSchools

Monnas Interact Klub skenk plastiekbakstene

Een van die Monnas Interact Club se projekte is om plastiekbottels bymekaar te maak om plastiekbakstene daarvan te maak. Dit word gebruik om onder meer huise te bou.

Selfs met Covid-19 wat dinge ‘n bietjie moeilik maak doen die Rotary Krugersdorp Monnas Interact Club steeds alles in hul vermoë om te help waar hulle kan.

Die klub, wat bestaan uit leerders van Hoërskool Monument en deel is van The Rotary Club of Krugersdorp het tydens die tweede kwartaal plastiekbakstene bymekaargemaak vir die Khuthaza Foundation se Eco Brick-projek.

Rotary Krugersdorp Monnas Interact Club-president Ashley Steward en die visepresident Isabelle Chalmers het verduidelik dat ‘n platiekbaksteen oftewel ‘n ekobaksteen ‘n tweeliter-plastiekbottel is wat met nieherwinbare plastiek tot ‘n bepaalde gewig gevul word. Hierdie bottels word later as bakstene gebruik waarmee huise en speelparke gebou word.

Die klub het in die eerste kwartaal van die skooljaar die projek geloods en in die tweede kwartaal het hul medeskoliere hulle gehelp om bottels en plastiek in te samel.

Hulle gaan binnekort sowat 40 plastiekbakstene aan die Khuthaza Foundation in Diepsloot skenk en beplan om hierdie projek deurlopend deur die jaar te doen.

Rotary Krugersdorp Monnas Interact Club bestaan uit nagenoeg 40 lede maar die hele Hoërskool Monument se leerders ondersteun hul projekte.

Ashley het vertel dat die klub in 2020 gestig is en daarop fokus om terug te gee aan die gemeenskap. Hulle het reeds ‘n paar projekte agter die rug, soos om op Moedersdag blomme vir die vroue by die ouetehuis te gee, en om skryfbehoeftes in te samel.

Sy het bygevoeg dat hulle aan ander maniere moes dink om hul projekte aan te pak tydens Covid-19 en kon byvoorbeeld nie self die rose vir die vroue gaan gee nie. Hulle plaas ook bokse op bepaalde plekke waarin donasies geplaas kan word.

Isabelle het vertel dat hulle byvoorbeeld nie by die Dierebeskermingsvereniging kon gaan help nie en dat baie van hul projekte sonder enige kontak deurgevoer moet word.

Dit keer hulle egter nie en hulle beplan nog groot dinge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button