Agt leerders van Laerskool Muldersdrif het op 26 Junie aan die Nasionale Interskole Redenaarsliga deelgeneem. Dit was ‘n besonderse prestasie vir die leerders om teen ander top skole in Suid-Afrika mee te ding.
Wat die juniors aanbetref het Graad 1-leerder Jacques Bakkes 93% behaal, Alexa Kieser (Graad 2) 90%, Evert van der Merwe (Graad 2) 96%, en Mieke van der Merwe (Graad 3) 92%.
By die seniors het Milla Kieser (Graad 4) 93% behaal, Verne Bekker (Graad 6) 90%, Brigitte Olivier (Graad 6) 85%, en Deone Mouton (Graad 7) 91%.
Evert en Deone het tot die finaal deurgedring wat tussen 8 en 10 Oktober gaan plaasvind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.