NewsSchools

Norie-toneel nou op die silwerskerm

Danielle Evans en Karli Marais het vanjaar die geleentheid ontvang op hul verhoogtonele op te neem vir 'n ATKV-televisieproduksie.

Die doel van die ATKV-DigiToneelkompetisie is om hoërskoolleerders die geleentheid te bied om hul toneelspeltalente van die verhoog af tot op die silwerskerm te neem.

‘n Hoërskool Noordheuwel-matriekleerder, Danielle Evans en Graad 11-leerder Karli Marais het die geleentheid aangegryp toe inskrywings vir DigiToneel open. Hulle het onlangs die nuus ontvang dat hulle die Top 10 gehaal het.

“Dit was nog altyd een van my drome om op TV te verskyn, en nou is dit ‘n werklikheid waarvoor ek nie kan wag nie!” het Danielle gesê.

Karli het voel dieselfde. “Met Covid wat maak dat normale produksie nie kan plaasvind nie is dit ‘n wonderlike platform wat die ATKV geskep het om nog steeds ons passie te kan uitleef.”

Verlede jaar moes die ATKV weens die pandemie vinnig ‘n alternatief vind vir hul gereelde TienerToneelkompetisie. Leerders is gevra om nuwe monoloë voor ‘n kamera op te voer en vir die ATKV te stuur.

Danielle het besluit op ‘n stuk deur skrywer en akteur Robert Kruger genaamd ‘Pakkies van drie’ wat afspeel in 2088. Dit handel daaroor dat wêreldwye wetgewing vereis dat gesinne net een kind mag hou, en hoe Danielle se karakter worstel met die wete dat sy ten koste van haar twee broers gekies is.

Danielle Evan neem die toneelproduksie genaamd ‘Pakkies van drie’ op vir die ATKV DigiToneelkompetisie. Foto: Ingestuur.

Karli se karakter worstel met haar eie gedagtes nadat haar beste vriendin ‘n gewildheid bereik het wat sy self nie kan nie, daarom ontsnap sy gereeld na ‘n droomwêreld om nie met die realiteit van eensaamheid gekonfronteer te word nie.

Die twee jong toneelspelers het op Saterdag, 31 Julie afgesit Wes-Kaap toe vir ‘n onderhoud met die ATKV-span. Daarna sal albei die terugvoering wat hulle van die beoordelaars ontvang, in die finale weergawe van hul tonele inwerk, wat dan saam met die onderhoud vroeg in Oktober op VIA, DStv-kanaal 147 uitgesaai sal word.

“Dit voel eintlik onwerklik, maar ek is baie opgewonde om my stuk te sien en vir die kykers te wys hoe hard ons werk,” het Karli gesê. Danielle het bygevoeg dat om in hierdie tyd te kan toneel speel, “… ‘n geleentheid is waarvoor ek nie kan nee sê nie. Die ATKV doen so baie vir kultuur in Suid-Afrika, en dit is ‘n voorreg om deel van hul kompetisie te wees.”

Danielle het reeds verskeie rolle in TienerToneel-produksies vertolk, en het ook in ‘n groter ATKV-produksie, genaamd ‘Beauty of the world’ saam met professionele akteurs opgetree. Hierdie jaar het sy ook die Top 8 in ‘n kykNET-toneelspelkompetisie in die Kaap gehaal.

Karli het reeds in twee groot produksies naamlik Swart en Vry gespeel, sy was ‘n wenner tydens die FAK-toneelfees, en het in die derde plek in ‘n Aardklop-finaal geëindig.

Karli Marais gedurende haar toneelstukopname vir ATKV DigiToneel. Foto: Ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button