Twee leerders van Hoƫrskool Bekker het hul land en skool se naam hoog gehou tydens die onlangse Ireland/Poland Performing Arts International Stars-kompetisie.
Odile Kleinhans het ‘n eerste plek losgedans met haar Tap-solo en ‘n indrukwekkende gouemedalje in die opedans-afdeling (vir 16- tot 19-jariges) ingepalm. Haar telling was 9.0 tot 9.99 uit 10. Sy het terselfdertyd ook haar SA-kleure in uitvoerende kunste verwerf.

Caleb Venter het aan die begin van die Covid-19 pandemie besluit om self te leer klavierspeel en het onlangs aan die Gauteng-Wes se Talent Africa 2021-kompetisie deelgeneem. Hy kwalifiseer dus vir die nasionale kompetisie wat in Oktober plaasvind.
Hy het ook aan die Ireland/Poland Performing Arts International Stars-kompetisie deelgeneem en ‘n bronsmedalje losgeslaan, asook sy SA-kleure vir uitvoerende kunste verwerf.
