NewsSchools

Skole plant bome vir die omgewing

Boomplantweek word landswyd van 30 Augustus tot 5 September gevier.

Dit is vanselfsprekend dat die jeug ons toekoms is. Die gewig van daardie toekoms lê ook op ons elkeen se skouers om te verseker dat die ouer geslag ‘n gesonde wêreld vir die jongklomp nalaat.

Boomplantweek word landswys van 30 Augustus tot 5 September gevier.

AfriForum Krugersdorp glo egter dat hierdie tradisie, wat baie lede nog van hul skooldae kan onthou, oor die jare tot niet gegaan het. Hulle beoog om met hul huidige boomplantprojek daardie tradisie weer onder skoolleerders te laat herleef, en het besluit om die hele September ‘n boomplantmaand te maak.

Op Woensdag, 15 September het AfriForum Krugersdorp ‘n paar jong spekbome by Laerskool Krugersdorp-Noord, Laerskool Kenmare, Laerskool Muldersdrif, HTS N Diederichs THS, Curamus Skool vir Autisme, en Hoërskool Bastion afgelewer. Hulle het altesaam 75 bome aan die skole geskenk.

Martin Lombard, takvoorsitter het ook genoem dat hulle later Laerskool Protearif sou besoek.

By Noordskool is sewe spekbome aan die hoof- en onderhoofleiers oorhandig – een vir elke graad. Daar is ook drie aan die Norienes-kleuterskool oorhandig. Elke graad sal oor ‘n week die geleentheid kry om ‘n spekboom op die skoolgronde te plant en ‘n bordjie daarby te plaas met die graadgroep se naam en jaartal daarop. Indien dié Nories hul alma mater besoek wanneer hulle ouer is, kan hulle gaan kyk hoe hulle boom gegroei het.

Martin het genoem dat die soekenjin Google na die spekboom verwys as die ‘onbekende boom van die jaar’, en vir die Nories gesê, “Toe ek op skool was het ons ‘n Boomplantdag op 15 September gehad, maar dit het nou weggeval. AfriForum werk om seker te maak dat elkeen hier ‘n toekoms kan hê.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button