Behalwe dat talle leerders onlangs in die onderskeie provinsiale spanne opgeneem is, spog Laerskool Kenmare ook met van hul onderwysers en sportafrigters wat ander leerders regoor Gauteng tot nuwe hoogtes gaan lei.
Die volgende Kenmare-personeellede is gekies om hul rolle in die onderskeie Gauteng-Wes-sportspanne te vertolk:
• Peter du Toit is gekies as hoofafrigter van die o.12 Goue Leeus 15-tal. Hy is boonop as bestuurslidvoorsitter van die Gauteng-Wes laerskool- en hoërskoolafdelings aangewys
• Laurentius Conradie is gekies as ‘n Gauteng-Wes o.11A-krieketafrigter
• Jakkie van der Walt is gekies as ‘n Goue Leeus o.13-sewesafrigter en spanbestuurder
• Chantel Wentzel is gekies as ‘n provinsiale skeidsregter
• Megan Gabhardt is gekies as ‘n Goue Leeus o.12-netbalafrigter
• Michelle van Rooyen is gekies as ‘n Gauteng-Wes-netbal D2-bestuurslid
• Ruard van Rooyen is gekies as ‘n Gauteng-Wes o.9A-krieketafrigter
• Domenic Stapelberg is gekies as ‘n Gauteng-Wes o.9 B-krieketafrigter
• DJ Cope is gekies as ‘n Gauteng-Wes o.13A-krieketafrigter
• Yolandi Botha is gekies as ‘n Gauteng-Wes o.12-hokkieafrigter





