NewsSchools

Nuwe inligtingsentrum vir Laerskool Protearif

Proties-leerders het nou al die inligting wat hulle nodig het binne bereik aangesien die skool 'n nuwe inligtingsentrum gekry het.

Die leerders van Laerskool Protearif kan nou ‘n draai by hul nuwe inligtingsentrum maak om navorsing te doen, skooltake te voltooi of net ‘n lekker leesboek uit te neem.

Aneke Putter, die meesterbrein agter hierdie projek het vertel dat die vorige biblioteek redelik klein en in ‘n stoorkamer was. Maar op Donderdag, 9 September het die skoolhoof, Donna Lourens en Paul de Waal, die voorsitter van die beheerliggaam die nuwe inligtingsentrum amptelik geopen.

Aneke Putter verwelkom almal by die opening.

Die idee vir die nuwe Proties-inligtingsentrum het so drie maande gelede ontstaan, en Aneke het vertel dat die gemeenskap almal ingespring het om te help. Baie mense het donasies gegee of selfs gehelp om die boeke skoon te maak. Paul het vir hulle rakke ingebou, en ‘n biblioteek in Westonaria wat sou sluit het hulle genooi om boeke by hulle te gaan haal.

Die sentrum sal drie dae ‘n week na skool oop wees en Aneke het vertel dat sy daar sal wees. Sy hoop dat die nuwe inligtingsentrum die kinders sal inspireer om meer te lees. Sy het ook gesĂȘ dat studiegroepe welkom is om die sentrum te gebruik vir huiswerk.

Die nuwe inligtingsentrum is vol gepak met boeke. Fotos: Natasha Pretorius.

Bekende kinderskrywer Jaco Jacobs het vir die nuwe sentrum ‘n getekende plakkaat gestuur. Vir die opening het al die skool se Graad 7’s plakkate gemaak en die res van die skool het boekmerke gemaak.

‘n Plakaat wat deur Jaco Jacobs geskenk is.

Op Vrydag, 10 September het al die onderwysers ook soos boekkarakters aangetrek en die kinders het na ‘n video gekyk waar Jaco Jacobs vir hulle ‘n gedig voorlees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button