NewsSchools

Vier Ebies haal weer Gauteng-Wes-sportspanne na 11 jaar

Laerskool Ebenhaeser het weer vir die eerste keer in 'n dekade spelers in die Gauteng-Wes-spanne.

Vir die eerste keer in 11 jaar kan Laerskool Ebenhaeser weer spog met spelers in die Gauteng-Wes-spanne.

Die skool is in 2009 laas in die provisiale spanne verteenwoordig en is trots om aan te kondig dat Graad 5-leerders Trompie Vukeya en Lesedi Moumi vir die o.11-spanne gekies is.

Karabo Sedisa en Duray van Zyl is gekies vir Gauteng-Wes-krieketspanne. Foto: Jaco Human.

Vir die eerste keer in die skool se geskiedenis het hulle ook twee spelers in die Gauteng-Wes-krieketliga. Graad 3-leerder Duray van Zyl en Graad 7-leerder Karabo Sedisa is onderskeidelik vir die o.9- en o.13-span gekies.

“Dit kom deur ‘n gesamentlike poging van ons onderwysers,” het waarnemende hoof Moira Steenkamp verduidelik.

“Ons het nou meer jonger manspersoneel, veral studente-onderwysers wat op sport fokus, soos studente-onderwyser Déan Liebenberg wat baie tyd en aandag aan die jongklomp se sportontwikkeling spandeer.”

Lesedi Moumi is vir die Gauteng-Wes o.11-rugbyspan gekies. Foto: Jaco Human.

Déan het vertel dat skoolsport, veral op provinsiale vlak, ‘n groot finansiële las vir ouers kan wees en dat die skool nie die geleentheid aan die leerders sou kon bied as dit nie vir VHF Sport en Action Sports se bydraes was nie.

“Meneer Renier du Preez het baie hard gewerk om dinge te verbeter. Hy het die gholf begin en ons wil graag sy naam hoog hou,” het Moira laastens gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button